Puja

’n Individuele puja.

Puja (Devanagari: पूजा) is ’n aanbiddingsritueel in Hindoeïsme vir een of meer gode, ter ere van ’n gas of om ’n gebeurtenis spiritueel te vier.[1][2] Die Sanskrit-woord pūjā beteken "eerbiedig, vereer, aanbid".[3] Puja, die liefdevolle offer van lig, blomme en water of kos aan ’n godheid, is ’n essensiële ritueel in Hindoeïsme.

  1. James Lochtefeld, The Illustrated Encyclopedia of Hinduism, Vol. 2, ISBN 0-8239-2287-1, ble. 529-530.
  2. Paul Courtright, in Gods of Flesh/Gods of Stone (Joanne Punzo Waghorne, Norman Cutler, and Vasudha Narayanan, reds), ISBN 978-0231107778, Columbia University Press, sien Hoofstuk 2.
  3. पूजा Sanskrit Dictionary, Duitsland (2009)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search